Simon Grey Hellweek Swem. Nege swemmers van Bethlehem Voortrekker Hoërskool het die afgelope week vanaf 6 tot 11 Januarie aan Simon Grey se Hellweek Swem in Bloemfontein deelgeneem.
- Albert Maritz
- Erich Rautenbach
- Simoné Pretorius
- Elanri du Randt
- Minette Els
- Gaby Bishop
- Leah van Rensburg
- Pieter Vermooten (Tuisonderrig)
- Botha Kruger
Dit is ‘n baie harde week waar die swemmers: Juniors tot Seniors tussen 50 en 80 km geswem het tydens die week. Die laaste dag is afgesluit met die 5,8 of 10km swem! Hierdie swemmers het deurgedruk en is goed voorberei vir die res van die swemseisoen.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf









