
Top Matrikulant van 2024. Die Top Matrikulant van verlede jaar is aangekondig. Baie geluk aan Jurie Blignaut, 2024 se hoofseun van Hoërskool Rustenburg, wat vanoggend tydens ‘n ontbytfunksie aangewys is as 2024 se Top Matrikulant van 2024. Jurie het die hoogste punte-totaal in 2024 se matriek-eindeksamen in Suid-Afrika behaal. Hy gaan vanjaar medies studeer aan die Universiteit van die Vrystaat.
Jurie het ‘n spesiale prys ontvang by verlede jaar se Universiteit van die Vrystaat, Netwerk24 en Volksblad se Matrikulant van die Jaar kompetisie. Hy word ook vereer vir sy uitstaande prestasie op kultuurvlak.
Hartlik geluk aan Jurie en Hoërskool Rustenburg met hierdie uitstaande prestasie!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf