
SA Skole Atletiekkampioenskappe. Foto voor: Lize Joubert, Anru Erasmus, Annabelle Bezuidenhout. Agter: Jané de Villiers, Evan Nieuwoudt.
Hoërskool Witteberg, Bethlehem, kondig met trots aan dat 15 van hul top-atlete ingesluit is in die Vrystaat Atletiekspan wat die provinsie gaan verteenwoordig by die SA Skole Atletiekkampioenskappe.
Die kampioenskappe vind vanaf 2 tot 5 April in Bloemfontein plaas, waar die land se beste jong atlete teen mekaar sal meeding.
Hierdie prestasie is ‘n bewys van die harde werk, toewyding en talent van die Witteberg-atleet.
Witteberg se atlete:
- Lize Joubert
- Anru Erasmus
- Annabelle Bezuidenhout
- Oteng Khabane
- Ruhan Cilliers
- Illne Myburgh
- Amy Kotzé
- Sune Hills
- Jané de Villiers
- Evan Nieuwoudt
- Herni Muller
- Gerhard Bossert
- Morapedi Masejane
- Rojandi Pretorius
- Kesia Nel

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf