SA Kampioen in Dressage – Lianri Fourie ‘n graad 12-leerder van Hoër Meisieskool Oranje is aan die voorpunt van ruiterkuns.
Lianri, SA Kampioen in Dressage het tydens die Nasionale Jeug-dresseer Kampioenskap in Kyalami die ruiterkuns behoorlik laat vlam vat en drie prestigeryke titels in haar sak gesteek.
Dubbel SA-Kampioen! Lianri is bekroon as die “Individual South African Junior u19 Open Dressage” én die “Individual South African Junior u19 Open Freestyle Dressage” kampioen. Boonop het sy die Victor Ludorum verower, ‘n toekenning wat slegs aan die beste van die bestes toegeken word.
Jazzy & Sunny steel ook die skou. Met haar twee perde, Jazzy en Sunny, het Lianri eerste plek behaal in beide:
- Junior Medium Championship
- Junior Medium Freestyle Championship
Maar dis nie waar die Oranje-onderskeiding ophou nie…
Caro Nel (gr. 11) en haar elegante perd Berghof Florestar het ook hul merk gemaak. Sy behaal:
- 2de plek in die “Individual Junior Elementary Freestyle”
- 3de plek in die “Individual Junior Elementary Championship”
Oranje se ruiterskap het weer gewys waarom hulle landwyd met respek en bewondering beskou word, met styl, presisie en pure passie. Dis ’n prestasie wat met trots gevier moet word!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien










