MTB XCM Youth Champs. 🟢 Fietsry -sukses vir Johny Donald.
Johny Donald, ’n leerling van Hoërskool Trio in Kroonstad, het onlangs met trots deelgeneem aan die SA MTB XCM Youth Champs wat in Pietermaritzburg plaasgevind het.
Hy het uitstekend gevaar met die volgende prestasies:
- 3de plek in die Tyduitdaging (Time Trial)
- 7de plek in die Kortbaanwedren (XCC)
- 8ste plek in die Bergfiets-marathon (MTB)
Daarbenewens het Johny ook sy Vrystaat Konfederasie-kleure verwerf — ’n teken van sy toewyding en uitmuntendheid.
👏 Baie geluk, Johny! Ure se harde werk het beslis vrugte afgewerp. Hou aan om hoog te mik!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/










