SA Gimnastiek. Drie gimnaste van Hoërskool Strand het gedurende die Oktober-vakansie aan die Suid-Afrikaans Gimnastiek Kampioenskap deelgeneem. Hulle het al drie baie goed presteer:
- Karla de Jager het 2 silwer medaljes vir individuele apparate behaal – op die vloer en op die brug.
- Lené Cloete het vir haar deelname aan ritmiese gimnastiek baie goed presteer en algeheel ‘n 9de plek behaal.
- Vir akrobatiese gimnastiek het Lené en Madaleyn Cloete albei goue medaljes vir hul deelname in hul onderskeie spanne van drie lede behaal.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf