Oppie Tong Af Redenaars. Luca Human, leerder van Curro Durbanville, het onlangs aan die Oppie-Tong-af Nasionale Redenaars finaal deelgeneem. Luca het by hierdie geleentheid weggestap as die Nasionale kategorie-wenner in die graad 8 vermaaklikheidstoespraak afdeling.
Deur die loop van die jaar het Luca aan vier verskillende redenaarskompetisies deelgeneem en in al hierdie kompetisies het sy deurgedring na die Nasionale finaal.
Sy was ook die kategorie-wenner van die Tygerberg Eisteddfod en die nasionale kategorie wenner in die Con Spirito aanlyn redenaarskompetisie.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf