Wintersportdinee. Harde werk word altyd beloon en dít is presies wat tydens Hoërskool Rustenburg se 2023 Wintersportdinee gebeur het. Dit was ‘n voorreg om ‘n spogaand te kon hê waar al hul sportspanne kon deel in mekaar se prestasies en oorwinnings van die afgelope jaar.
Dit is hier waar die Rusties weereens besef het dat RHS werklik ‘n skool van geleenthede is. Waar daar ‘n plek is vir elkeen om te kan deelneem en inskakel.
Hoërskool Rustenburg is besonders trots op elke Rustie wat inploeg en inkoop. Die skool sien uit na wat die 2024-sportseisoen vir ons Rusties gaan inhou!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf