Animato A Capella kompetisie. Con Spirito het, soos in 2022, skoonskip gemaak in die Nasionale Animato A Capella kompetisie in Pretoria.
Dié sanggroep van Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein, het Saterdagaand, 14 Oktober, al die toekennings in die sangafdeling gewen. Hul tema was “Posmeisies”.
Die groep het weggestap met die volgende toekennings:
- Beste FAK voorgeskrewe werk
- Beste verwerking (keurspel)
- Beste vertolking van ‘n FAK voorgeskrewe lied (“Dorsland”)
- Wenners in die produksie-afdeling
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf