ATKV X Global Changemakers. Paul Strydom, leerder van Hoƫrskool Parel Vallei in Kaapstad, is gekeur as een van 24 Suid-Afrikaners om die ATKV X Global Changemakers Afrika Jeugberaad by te woon. Die beraad vind plaas vanaf 17 tot 20 Oktober by Goudini Spa.
Die ATKV – Vat Vlam-program vier en erken die top-inspirerende en invloedrykste jong leiers in Suid-Afrika. Hierdie leiers lewer op verskeie gebiede ān bydrae om ān positiewe impak op hul mikro- en makro-gemeenskappe te maak. Hulle buitengewone prestasies vind op verskeie terreine plaas. Dit sluit kuns en kultuur, entrepreneurskap, tegnologie, sosiale geregtigheid, klimaatsverandering, omgewingsbewustheid en opvoeding in. Dit is deel van die kriteria wat gebruik is om die top-24-jong leiers te identifiseer.
Die potensiaal van hulle projek is om ander jongmense te inspireer. Hulle mopet ook ān positiewe en meetbare impak in hul gemeenskap of samelewing maak.
Tydens die beraad sal hulle by eendersdenkende individue van regoor Afrika kan leer wat reeds soortgelyke aksies in hul eie lande en gemeenskappe geloods het. Na afloop van die beraad sal hulle by ān internasionale netwerk van meer as 1200 āChangemakersā van regoor die wĆŖreld aansluit. Hierdie jong leiers sal ook die geleentheid kry om aansoek te doen vir befondsing deur die Verenigde Nasies. Die fondse is om hul projekte, aksies en inisiatiewe te ondersteun en te bevorder.
Die Global Changemakers is ān internasionale jeugorganisasie. Dit ondersteun reeds meer as 460 projekte. Verder is daar reeds 15 000 jongmense van 180 lande opgelei.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf