
Pierneef Kunstefees. Kultuurprestasie van formaat!
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria is ongelooflik trots op Sandré van Heerden (Graad 9) wat uitmuntend presteer het by die Pierneef Kunstefees! Sandré se talent en toewyding het haar nie net top-toekennings besorg nie, maar ook verskeie toekennings sowel as trofeë.
A++ behaal in die volgende kategorieë:
- Monoloog (Afrikaans)
- Monologue (Engels)
- Onvoorbereide Lees Prosa
- Poësie
A++, medaljewenner én kategorie-wenner vir:
- Gedramatiseerde Poësie
- Eie Skeppende Werk
- Prosa (Afrikaans en Engels)
- Voorbereide Lees Prosa (Prepared Reading Prose)
- Onvoorbereide Lees Prosa
Trofeë ontvang vir:
- Beste Prosa – Hoërskool
- Beste Eie Skeppende Werk – Laer- & Hoërskool
- Beste Onvoorbereide Lees – Hoërskool
- Beste Voorbereide Lees – Hoërskool
Sandré, jou harde werk, kreatiwiteit en passie vir die kunste is werklik inspirerend. Baie geluk met hierdie uitsonderlike prestasie – AHMP is ongelooflik trots op jou!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor