Agter: v.l.n.r: Deon Horne, Jurie Groenewald, Jandré Jordaan, Rudolph van Dyk, Nico de Jager en Ajay Oelofsen.
Voor v.l.n.r: Wian Jonck en Pierre Fourie.
Sewe leerders van die Hoër Landbouskool Oakdale was vanaf 2 – 18 Januarie 2020 deel van ? groep van 37 leerders wat die Kalahari Vasbyt onder leiding van Mnr. Andries Erwee meegemaak het. Tydens die Vasbyt word deursettingsvermoë, spanwerk, geloof, leierskap en integriteit baie sterk bevorder. Afgesien van bungee jumping en white water rafting in die Zambezirivier het die groep ook ? roetemars van 54 km met sukses afgelê. Die Kalahari Vasbyt, wat in Botswana aangebied word, is ? gesogte item op die Oakdalers se jaarprogram. Dis hier waar hulle baie meer van hulself ontdek.