Henk Smit
Tydens die Wes-Kaap 2019 Nasionale Seniorsertifikaat toekenningseremonie, aangebied deur die Premier van die Wes-Kaap, mnr. Alan Winde en die Minister van Onderwys in die Wes-Kaap, mev Debbie Schäfer, is toekennings aan die Top presteerders en presterende skole in die Wes-Kaap oorhandig.
Henk Smit, graad 12-leerder van die Hoër Landbouskool Oakdale, is vereer as een van die top presteerders op die merietelys van die Wes-Kaap. Oakdale is besonder trots op Henk se prestasie. Afgesien van die feit dat hy 94,6% gemiddeld met 9 onderskeidings behaal het, was Henk ook gedurende sy skoolloopbaan ‘n puik tennisspeler en leier.