Die Hoër Landbouskool Oakdale van Riversdal het met sewe-en-dertig atlete aan die uitnodigingsbyeenkoms van Hoër Jongenskool Paarl op Donderdag 23 Januarie deelgeneem. Deelnemende skole was Paul Roos Gimnasium, Hoër Jongenskool Paarl, HTS Drostdy, Boland Landbou, Hoërskool Outeniqua en Paarl Gimnasium.
Die Oakdalespan presteer baie goed en behaal 10 eerste-, 7 tweede, 11 derde- en 10 vierdeplekke. Philip Kleinhans en JL van Rensburg is as die beste senior en junior seuns-atlete aangewys.
Oakdale behaal ‘n algehele 3de plek by die byeenkoms met HJS in die eerste plek en Paul Roos tweede.