Die 2020 graad 8-klas van die Hoër Landbouskool Oakdale het op Maandag 27 Januarie tydens ? amptelike saalgeleentheid hulle baadjies ontvang. Tydens hierdie geleentheid word die tradisie van trots en verbintenis aan die waardes van die Hoër Landbouskool Oakdale bevestig. Die oorhandiging van die baadjie deur die graad 12-leerders aan die graad 8’s, bevestig ook die verantwoordelikheid van mentorskap by die senior leerders.
Die volgende waardes dien as interne kompas vir die daaglikse lewe van die Oakdalers: Eerlikheid, Netheid, Respek, Geloof, Hoflikheid, Toewyding en Integriteit.