Nicola Putter van Hoërskool Outeniqua, George, was deel van die SA skaakspan wat deelgeneem het in Turkye.
Nicola het in November 2019 as deel van die Suid-Afrikaanse skaakspan deelgeneem aan die Wêreld o/16 Skaak Olimpiade in Corum, Turkye. Sy is in die span opgeneem as die huidige o/16 dogter SA Kampioen.
Sy was deel van die Suid-Afrikaanse A-span en het 4 uit 7 wedstryde gewen.
Nicola het ook gekwalifiseer om aan die SA Geslote Kampioenskappe vir seniors in Kaapstad deel te neem en het in Desember in die 0/20 dames afdeling deelgeneem. Sy het hierdie afdeling met ‘n voltelling van 10 uit 10 gewen!
Die Kwaggas is baie trots op Nicola! Welgedaan!