Vlnr: Franco Engelbrecht (82%), Shané van Rooyen (89%), Ben van Niekerk (88%), Lara Vellema (90%) en Kerwin Albertus (96%).
Die Musiekdepartement van Hoërskool Outeniqua vier besonderse uitslae van hul Gr 12 Vakmusiek-leerders.
Hierdie groep kandidate het elk ‘n A-gemiddeld vir die vak verwerf gedurende die 2019 Nasionale Senior Sertifikaat eksamens. Dit gee hulle ‘n klas-gemiddeld van 89%!
Outeniqua is baie trots op hierdie Kwaggas en wens hulle alle sukses toe met hul toekomsplanne. Drie leerders beoog om musiek te gaan studeer.