)

Hoërskool Strand lewer massavertoning!

Die WP en Wynland-toutrekgemeenskappe het albei die afgelope Saterdag op Kraaifontein deeglik kennis geneem van Hoërskool Strand se toutrekspanne toe die Arende ‘n rekordgetal toutrekspanne ingeskryf het.

Nie minder as ‘n rekord van 14 spanne het Hoërskool Strand en die Helderberg verteenwoordig tydens die grootste toutrekbyeenkoms van die jaar!  Hierdie byeenkoms sou in die Strand plaasgevind het, maar as gevolg van die feit dat die plaaslike toutrekveld voorberei en gespaar word vir die SA Senior Toutrekkampioenskappe later in die jaar, is daar besluit om dit na Kraaifontein te verskuif. ‘n Stewige 160 spanne het aan hierdie tweede kompetisie van die jaar deelgeneem.

Weer het die Arende hoog gevlieg!  Die meisiespanne het twee derde plekke behaal, die seuns ‘n tweede en ‘n derde plek met Hoërskool Strand se 520kg gemengde span, wat algeheel eerste gekom het en beïndruk het met hul tegniek en ervaring. Dit was werklik toutrek uit die boonste rakke aangesien al Hoërskool Strand se spanne pragtig getrek het en gewys het waarom ure se oefening en harde werk so noodsaaklik is om sukses te breik.  Hier moet ook ‘n lansie gebreek word vir die ervare afrigters wat die toutrek-atlete so mooi bestuur.

Arend-toutrek is kerngesond en met die nuwe trekkers wat nou aangesluit het, gaan hierdie sportsoort beslis Hoërskool Strand en die Helderberggemeenskap se naam nog verder met trots na buite uitdra!

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal