Montagu en Strand
Op Saterdag, 25 Januarie, het die Arend Afslaan-toernooi in heerlike windstil toestande plaasgevind. Agt spanne het in twee groepe teen mekaar gekompeteer.
By die Strand- klubbane het Hoƫrskool Strand A, Bredasdorp A, Montagu en Parel Vallei sake uitgespook. Groot as die vreugde toe Strand A as die medaljewenners uit die stryd kon tree. Parel Vallei was tweede, gevolg deur Montagu en dan Bredasdorp A.
By die skoolbane het Bredasdorp B, Strand B, Strand Aces en Bellville gespeel. Bellville was die medaljewenners in hierdie kompetisie, gevolg deur Bredasdorp B, met Strand B en Strand Aces wat die derde plek deel.
Dit was ān wonderlike dag waartydens baie tennis gespeel en nuwe vriendskappe gesmee is. Daar word met groot verwagting uitgesien om die geleentheid in 2021 voort te sit.
Die tennis-ouers, die afrigters (Annelize en Charl Morkel), tennisspelers en organiseerders het as die Arend-tennisfamilie almal toegewyd gewerk om hierdie kompetisiedag suksesvol af teĀ handel.
Philwest, die borg van die eerste tennisspanne, wat die medaljes vir die dag geborg het, word ook opreg waardeer.