Angelo Bergh, ‘n graad 12-leerder van Hoërskool Langenhoven in Riversdal, is saam met Emmari Gildenhuys, ‘n graad 9-leerder, die enigste Suid-Kaap leerders wat gekies is vir die Speeltoneel-kompetisie van KykNET.
Hulle is uit ongeveer 3000 leerders gekies, om vir die volgende jaar, een keer per maand, privaatklasse in die Kaap by Desiré Gardner en haar span, te ontvang. Dit sluit akteurs soos Izak Davel en Je-ani Swiegelaar, bekend vir haar rol as Naomi Koster van Binnelanders, in. Hulle kry ook weekliks aanlyn opleiding.
Die kans is groot dat hulle in April 2021, in ‘n kortfilm op KykNET te sien gaan wees.
Die Dasse is baie trots op julle!