Tradisies vorm ‘n groot deel van Monnas se uniekheid uit en dit is iets waarop ons baie trots is!
Een sò tradisie is die “Hekkie-stap” waar Graad 8 – leerders simbolies die skool binnestap en aan die einde van hulle matriekjaar weer uit stap, die volwasse lewe in.
Diè tradisie het vanjaar meer as drie dekades oud geword toe die Graad 8-leerlinge van 2020 daarop voortgebou het.
Meer as 300 leerders het die geleentheid gehad om deur ‘n hekkie op die skoolgronde te stap – ‘n simboliese daad waardeur hulle as nuwe Monumentare verwelkom is!
Besoek gerus ons webtuiste www.monnas.co.za vir meer inligting oor die skool se ryk geskiedenis en tradisies.
#DaarsIetsBesondersAanMonnas ??
#MonnasTradisies #Trots #Monnas #UniekGefokus #SecondToNone #LiewerSlytAsRoes