Vyf van Laerskool Park in Mosselbaai se leerders het 2 tot 6 Julie aan die Cravenweek te Kimberley deelgeneem. Mnr Wikus Smit het hul as hulp-afrigter vergesel. Hierdie span het baie goed gevaar en net een wedstryd verloor. Baie geluk mnr Wikus en span met jul puik prestasie!
Donovan Lawrence het die Sasolburg-span verteenwoordig. Laasgenoemde span het algeheel 3de in die toernooi geëindig. Pragtig, Donovan!
Rugby Foto:
Vlnr: JT Strydom, Eduan Thorn, Hanno Louw, Mnr Wikus Smit, Kasselman van der Westhuizen, Michael Fourie, Donavan Lawrence.