Laerskool Park se biblioteek het ‘n spoggerige nuwe baadjie gekry.
Dit is ‘n plek waarin leerders met lus kan rondsnuffel en boeke lees. Hiermee poog ons om ‘n liefde vir lees te kweek by ons leerders en weer ‘n leeskultuur aan te wakker. Ons wens elke Parkie vele gelukkige avonture toe in hierdie lushof.