Laerskool Park in Mosselbaai het op 7 Maart ‘n fees van pret en kleur gehou. Die dag het begin met elke klas se verteenwoordiging van ‘n land wat aan die Olimpiese Spele gaan deelneem later die jaar. Dit was gevolg deur ‘n stywe kompetisie tussen die klasse tydens die kaskarresies. Die res van die dag was ingekleur met ‘n kermis, boeresport en waterkaskenades.
Die dag is afgesluit met ‘n kleurstap wat oud en jonk geniet het.