Hoërskool Punt se 0.17A-span
V.l.n.r. Liesel Condradie, Leandrie van der Linde, Carlin Oppperman, Megan le Roux, Chanté Bhana, Shenique Lawrence en Kaydia Steenkamp
Op Saterdag, 7 Maart, het Hoërskool Punt se Netbalspanne vroeg-oggend met hul busse vertrek om teen Hoërskool Bredasdorp kragte te meet. Op ‘n vuurwarm dag is Punt met strawwe kompetisie verwelkom. ‘n Totaal van 13 spanne het deelgeneem en die uitstlae was as volg:
O.14 A: 7 – 14 (verloor)
O.14 B: 8 – 12 (verloor)
O.15 A: 15 – 9 (wen)
O.15 B: 5 – 24 (verloor)
O.16 A: 11 – 15 (verloor)
O.16 B: 7 – 11 (verloor)
O.17 A: 7 – 10 (verloor)
O.18 B: 16 – 5 (wen)
O.18 A: 33 – 33
Na hierdie tawwe wedstryde sien die netbaldogters uit na die wedstryde teen Hoërskool Hermanus hierdie naweek. Alle A- en B-spanne sal Saterdag, 14 Maart, teen Hoërskool Hermanus te staan kom.