Twaalf atlete van Hoƫrskool Cradock het die week van 6 tot 9 Maart 2018 deelgeneem aan die Oos-Kaap Atletiek te Port Elizabeth. Hierdie groep atlete presteer pragtig te midde van die wisselende weer en verower altesaam ses medaljes by hierdie byeenkoms: een goud, een silwer en vier brons.
Showan Mayeki wen goud in die S.O/14 200m asook brons in die S.O/14 100m.
Roshay Hendricks wen ān silwer in die D.O17 100mH met Cherwin Butler, Janade Bouwer en Marike Dannhauser wat elk ook brons wen in die M.O/19 Hoogspring, M.O/19 Driesprong en V.O/19 400m onderskeidelik.
Ten tye van verslaggewing was finale tye nog nie beskikbaar nie.
Baie geluk aan elkeen van hierdie atlete wat die seisoen op ān hoĆ« noot afgesluit het!