Veertien van Hoërskool Ermelo se skuts het die afgelope naweek, 9 en 10 Maart 2018, aan die tweede prysskiet te Middelburg deelgeneem.
Ten spyte van die hitte wat hul moes trotseer, het die Erries hul goed van hul taak gekwyt. Ses skuts het hul persoonlike beste tellings geskiet en een het haar persoonlike beste tellling geëwenaar.
Al die Errie-skuts het in die sporterklas deelgeneem en van die tellings is as volg:
Reinhardt Vorster 1406, John-Henri van Zyl 1237, Pieter de Beer 1229 (pb en in JJ van der Merwe), Werner Jansen van Vuuren 1161 (pb), Renel Swanepoel 1144 (ewenaar pb), Hendrea van Zyl 1125 (pb), Eloise Prinsloo 1102 (pb), Christian Venter 1025 (pb). Riku van der Bank het ook sy persoonlike beste tellings geskiet.
Hierdie naweek vind die Inter-provinsiale Kompetiesie te Middelburg plaas. Hierdie kompetisie is die eerste rondte proewe vir die skuts om in die span te kan kom om SANSSU in Engeland te gaan verteenwoordig.
Baie geluk en sterkte, Erries!
Op die foto bo:
Voor (vlnr): JP de Jager, Pieter de Beer
Eerste ry (vlnr): Riku van der Bank, Renel Swanepoel, Herenita van Zyl, Eloïse Prinsloo
Tweede ry (vlnr): Christiaan Venter, John-Henri van Zyl, GJ Swanepoel, Werner Janse van Vuuren, Reinhardt Vorster, Hendrea van Zyl en Herman Holtzhausen