)

Erries mik raak en skiet ‘n kolskoot

Veertien van Hoërskool Ermelo se skuts het die afgelope naweek, 9 en 10 Maart 2018, aan die tweede prysskiet te Middelburg deelgeneem.

Ten spyte van die hitte wat hul moes trotseer, het die Erries hul goed van hul taak gekwyt. Ses skuts het hul persoonlike beste tellings geskiet en een het haar persoonlike beste tellling geëwenaar.

Al die Errie-skuts het in die sporterklas deelgeneem en van die tellings is as volg:

Reinhardt Vorster 1406, John-Henri van Zyl 1237, Pieter de Beer 1229 (pb en in JJ van der Merwe), Werner Jansen van Vuuren 1161 (pb), Renel Swanepoel 1144 (ewenaar pb), Hendrea van Zyl 1125 (pb), Eloise Prinsloo 1102 (pb), Christian Venter 1025 (pb). Riku van der Bank het ook sy persoonlike beste tellings geskiet.

Hierdie naweek vind die Inter-provinsiale Kompetiesie te Middelburg plaas. Hierdie kompetisie is die eerste rondte proewe vir die skuts om in die span te kan kom om SANSSU in Engeland te gaan verteenwoordig.

Baie geluk en sterkte, Erries!

Op die foto bo:

Voor (vlnr): JP de Jager, Pieter de Beer

Eerste ry (vlnr): Riku van der Bank, Renel Swanepoel, Herenita van Zyl, Eloïse Prinsloo

Tweede ry (vlnr): Christiaan Venter, John-Henri van Zyl, GJ Swanepoel, Werner Janse van Vuuren, Reinhardt Vorster, Hendrea van Zyl en Herman Holtzhausen

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal