)

Kultuuraktiwiteite – Gereformeerde Skool Dirk Postma

Kultuuraktiwiteite – Hierdie kwartaal bruis die Gereformeerde Skool Dirk Postma van kultuuraktiwiteite en talentvolle jongmense wat hul stemme, denke en kreatiwiteit laat hoor.

Op 5 Mei skop hulle hul kultuuraktiwiteite af met die interne redenaarskompetisie. Dit gaan ’n ware fees wees om die toekomstige politici en regsgeleerdes in aksie te sien. Elke spreker met sy eie flair en oortuiging.

Kort daarna, op 8 Mei, vier hulle hul sterredenaars wat hul talente by die ATKV-redenaars ten toon gaan stel. Hulle sal met selfvertroue en passie die skool se naam hoog hou. Die redenaars is:

  • Elrike Buys,
  • Danika Venter,
  • Eduan Smith en
  • Annaliz Fouché

Die kultuurmaand kry verder momentum met die Afrikaanse Senior Olimpiade op 13 Mei. In die rekenaarlokaal sal die topdenkers se kennis getoets word. Die deelnemers hieraan is:

  • Elrike Buys
  • Jolene de Beer
  • Jolene Botma
  • Dian Kruger
  • Leané Schmitz
  • Marguerite van de Wetering
  • Marné van de Wetering en
  • Wian van der Veen.

Gereformeerde Skool Dirk Postma wens almal sterkte toe. Julle is ware ambassadeurs van akademiese uitnemendheid.

En dan, as jy ’n lawaai uit die Ark hoor, weet jy: dis die dramagroep wat hard oefen! Hierdie jaar is ’n mylpaal, want vir die eerste keer neem hulle deel aan die ATKV-toneelkompetisie. Die talentvolle span wat energie, humor en drama na die verhoog bring bestaan uit:

  • Alisha Drijfhout,
  • Danika Venter,
  • Rudy van Rooyen,
  • Aiden Oberholzer,
  • Anli Kruger,
  • Imari Linde,
  • Annaliz Fouché,
  • Liané Verhoef en
  • Anna Bester.

Hou die volgende datums oop:

  • 23 Julie: Optrede voor die skool
  • 4 Augustus: Die groot debuut in die UNISA Kleinteater

Met redenaars, olimpiades en toneel is dit duidelik: Dirk Postma se kultuuraktiwiteite is besig om ’n merk te maak. Hierdie kwartaal is nie net bedrywig nie – dit is ’n viering van talent, trots en kreatiwiteit!

Lees meer: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.gsdp.co.za/

Foto voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal