SANESA FS Second Qualifier. Chy-Anne se uitsonderlike prestasie.
Chy-Anne Muller, ’n leerder van Hoërskool Jim Fouché, het van 11 tot 12 April aan die SANESA FS Second Qualifier by die Bloemfontein Equestrian Centre deelgeneem. Sy het met groot trots en toewyding uitmuntende resultate behaal:
- Dressage Novice (First Level), Test 1: 1ste plek
- Dressage Novice (First Level), Test 2: 1ste plek
- Show Riding Level 5: 1ste plek
Met drie eerste plekke in verskillende klasse het Chy-Anne haar talent en harde werk duidelik bewys. Haar prestasie dra nie net by tot haar eie ruiterloopbaan nie, maar bring ook groot eer aan Hoërskool Jim Fouché.
Lees meer skitterende skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








