Skole-rugby. Hoopies Rugbytoer na Parys.
Hoërskool Hoopstad se Eerste Rugbyspan het gedurende die vakansie ’n opwindende rugbytoer na Parys in die Vrystaat onderneem. Die span het uitstekende sportmanskap en deursettingsvermoë getoon, en die toer was ’n groot sukses.
Uitslae
- Wen: 12–7 teen De Aar
- Wen: 7–3 teen Parys
- Verloor: 10–12 teen Burgersdorp
Spesiale Toekennings
- Speler van die wedstryd (Parys): Ivan Jansen van Vuuren
- Voorspeler van die toernooi: Marko Jacobs
Die Hoopies het ’n puik vertoning gelewer en 2de geëindig in die Parys Namgola CUP. Die hele skoolgemeenskap is uiters trots op die span se prestasie.
’n Groot woord van dank aan die afrigters vir al die reëlings, tyd en ekstra moeite wat julle vir die seuns doen. Julle toewyding maak hierdie suksesse moontlik.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/











