FS Biathlon and Triathlon. AJ Theron, ’n leerling van Hoërskool Jim Fouché, het op 10 April aan die FS Biathle and Triathle League 4 by Hoërskool Sentraal deelgeneem. In die o.19-afdeling het hy uitmuntende prestasies behaal:
- Triathle: 1ste plek
- Biathle: 1ste plek
Met hierdie oorwinnings het AJ nie net sy talent en deursettingsvermoë bevestig nie, maar ook die kwalifiserende tyd vir beide dissiplines behaal wat hom toegang gee tot die SA Nasionale Kampioenskappe.
Hoërskool Jim Fouché is trots op AJ se uitsonderlike prestasies en wens hom alle sukses toe vir die nasionale kompetisie.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Become a Sponsor









