Interhoër-swemgala – Hoërskool Nelspruit het Woensdag, 18 Februarie, sy oorheersing in die swembad bevestig. Die jaarlikse Interhoër-swemgala het by Van Riebeeck Park plaasgevind. Die byeenkoms is deur Komatipoort Akademie aangebied. Nellies het die Interhoër-swemgala-oorwinning met ’n indrukwekkende totaal van 1101 punte gewen.
Uitslae van die Interhoër Skole-swemgasla wenners:
- Uplands College eindig tweede met 780 punte
- Rob Ferreira derde met 572 punte
- CURRO Nelspruit vierde met 426 punte
- Penryn College vyfde met 308 punte en
- Komatipoort Akademie sesde met 80 punte.
Nellies het die dag ingekleur met 41 eerste plekke. 29 Individueel en 12 in aflositems. Hulle palm boonop 25 tweede plekke en 20 derde plekke in.
Swemmers wat uitgestaan het tydens Interhoër-swemgala
- Henning Radley is aangewys as Senior Seuns Victor Ludorum met vyf goue medaljes.
- Aidan Esterhuizen (o/17) en Andrew Bruyns (o/14) het die Victor Ludorum-titels in hul ouderdomsgroepe gewen.
- Zoë Janse van Vuuren (o/15) en Amoré Oosthuizen (o/16) is as Victrix Ludorum bekroon.
’n Spesiale hoogtepunt was Anja Buitendach, wat vyf goue medaljes gewen het. Sy het ook ’n nuwe rekord in die 100m-vryslag opgestel het. Sy het net-net die o/17 Victor Ludorum misgeloop. ’n Penryn-swemmer verbeter ’n rekord in die 50 m-borsslag en behaal ’n hoër HYTEC-punt.
Die o/19-gemengde wisselslag-aflosspan het bestaan uit Henning Radley, Samuel Tryhou, Karmen van Rensburg en Ciska Ferreira. Hulle was die enigste wat ‘n nuwe aflosrekord vir die dag opgestel het.

2de Foto: Andrew-Bruyns-o14-Victor-Ludorum en 3de Foto: Amore-Oosthuizen-o16-Victrix-Ludorum

Onder leiding van kapteins Mia de Klerk en Henning Radley het die span se voorbereiding en geesdrif ’n groot rol gespeel. Elke swemmer het sy of haar deel gedoen, selfs dié wat bereid was om in te spring waar daar tekorte was.
Hoërskool Nelspruit het weereens bewys dat ware sukses in spanwerk lê.
Nellies kan met reg trots wees op ’n uitmuntende vertoning.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








