ECKED Toekennings. Langenhoven Gimnasium skitter by ECKED-toekennings.
Langenhoven Gimnasium, Oudtshoorn, het die afgelope naweek groot lof ingeoes tydens die gesogte ECKED-toekenningsgeleentheid. By die geleentheid het die skool en sy leerders erkenning ontvang vir uitmuntende prestasie, toewyding en vakmanskap.
Die skool is aangewys as Beste Tegniese Skool en het ’n 100% slaagsyfer behaal in die 2025 NSS-eksamen – ’n mylpaal wat die instelling se akademiese gehalte onderstreep.
Individuele uitblinkers
Verskeie leerders het ook in hul vakgebiede uitgestaan:
- Theunis Venter – 7de in die streek
- Anli Emmerich – Gesamentlik 1ste plek in Wiskundige Geletterdheid
- Malan Nortier – 1ste plek in Elektries
- Zack Botha – 1ste plek in Houtbewerking
Trots en dankbaarheid
Die skoolhoof, Mnr Carl Snyman, het die prestasies geloof en beklemtoon dat dit die vrug is van spanwerk tussen leerders en onderwysers.
“Ons is ongelooflik trots op elke leerder en onderwyser wat hierdie sukses moontlik gemaak het. Julle harde werk en toewyding dra nie net vrug nie, maar versterk ook die trots van ons hele skoolgemeenskap,” het Mnr. Snyman gesê.
Met hierdie prestasies bevestig Langenhoven Gimnasium sy plek as ’n toonaangewende opvoedkundige instelling in die streek, waar akademiese uitnemendheid en tegniese vaardigheid hand aan hand gaan.

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor









