Hokkie Kaptein. In ons gewilde reeks oor sportkapteins, gesels Schools That Rock vandag met Hoërskool Bastion se 1ste seuns hokkiespan kaptein, Braden Jordaan. Braden behaal die vyfde doel in ons reeks oor Seuns Hokkie Kapteins van hoërskole in Suid-Afrika en Namibië.
Braden, op watter ouderdom het jy begin hokkie speel?
- Ek het op die ouderdom van elf jaar die eerste keer kennis gemaak met hokkie.
Hoekom hou jy van hokkie? Wat het jou laat besluit om hokkie te speel?
- Die tyd wat jy by hokkie-oefeninge en wedstryde spandeer met jou vriende en ook die geleentheid om nuwe mense te ontmoet.
Volgens jou, as Hokkie Kaptein, wie is jou gunsteling professionele hokkiespeler? Hoekom?
- Jamie Dwyer, van Australië. Hy is ‘n nasionale hokkiespeler. Sy leiding en gees teenoor die span is fantasties.
Watter posisie speel jy tans? Watter posisie/s het jy al gespeel?
- Ek speel tans ‘Right Wing’. In die verlede het ek ook ‘goalie’, ‘sweeper’ en ‘back’ gespeel.
Wanneer was jy vir die eerste keer as Hokkie Kaptein verkies?
- Die eerste keer wat ek as Hokkie Kaptein gekies is, was in Graad 7.
Wat is, volgens jou, as Hokkie Kaptein, die grootste taak van die kaptein – op die veld en tydens oefening?
- Die kaptein se grootste taak, buiten sy verantwoordelikheid vir die spel, is om die spelers rustig en vol gees te hou.
Oor watter bekwaamhede/ kwaliteite, dink jy, moet ‘n goeie hokkiespeler beskik?
- ‘n Goeie hokkiespeler moet, myns insiens, beskik oor gees, vriendelikheid en motivering.
Wat inspireer jou elke keer wanneer jy op die hokkieveld stap vir ‘n wedstryd?
- Om ‘n kans te kry nog ‘n keer saam vriende iets te doen en om nuwe mense te ontmoet.
In jou loopbaan tot nou – watter wedstryd was vir jou die lekkerste? Brei asseblief uit.
- My lekkerste wedstryd was in Graad 11 teen Hoërskool Bekker. Die spangees was fantasties en niemand het kwaad geraak nie.
Watter wedstryd wil jy gou vergeet? Jou slegste wedstryd? Wat het jy daaruit geleer?
- My slegste wedstryd was teen Hoërskool Allen Glen in Graad 10. Ons span se probleem was dat as die span nie saamwerk nie, gaan niks gebeur nie.
Hoe hanteer jy druk tydens ‘n hokkiewedstryd?
- Tel terug van 10 af en raak rustig.
Hoe motiveer jy as Hokkie Kaptein jou span?
As Hokkie Kaptein motiveer ek my span deur ‘Team talk’ en goeie woorde.
Wat is jou huidige top 5 prioriteite in die lewe?
- Akademie, Hokkie, Werk, Meisie, Kar
Het jy enige raad vir beginners in hokkie?
- My raad aan beginners is, hou jou stok op de grond en jou oë op die bal.
Beplan jy om met hokkie voort te gaan na skool? Op watter vlak?
- Ja, ek gaan ‘klub-hokkie’ speel om om meer ervaring op te bou en dan professioneel.
Wat is jou grootste enkele hoogtepunt (sport of andersins) die afgelope vyf jaar?
- Ek het die vinnigste ‘lap tyd’ gehad by Randfontein ‘Ovaltrack’.
Het jy enige ander stokperdjies/ belangstellings buiten hokkie?
- My ander belangstellings is ‘Ovaltrack’ en visvang.
Hoe sal jou afrigter en spanmaats jou beskryf?
- Ek dink hulle sal my beskryf as ‘n goeie leier met ‘n klein hart.
Is daar enige afrigter of hokkiespeler na wie jy opsien as rolmodel?
- Ek sien op na Mnr Jaco Conradie. Hy het baie bereik en ek wil graag dieselfde bereik.
Saam met watter professionele hokkiespeler sal jy graag wil koffie drink?
- Jamie Dwyer
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf