Schools That Rock publiseer kort berigte van ‘n aantal oud-leerders van skole op ons Facebook en Webtuiste.
Hoërskool Swartland, Malmesbury, het ‘n oud-leerder opgelewer wat, na skool, sy merk in die lewe gemaak het!
Pieter-Steph du Toit, gesoute Springbok rugbyspeler, is in Kaapstad gebore en het sy hoërskoolloopbaan aan Hoërskool Swartland, Malmesbury voltooi. Pieter-Steph was ‘n lid van die Suid-Afrikaanse O.20 rugbyspan wat in 2012 die IRB Junior Wêreldkampioenskap gewen het.
In 2013 het hy by die Sharks aangesluit en op 9 November 2014 het hy sy Springbok debuut gemaak op die ouderdom van 21. Sedertdien was Pieter-Steph du Toit ‘n bekende gesig van die Springbokspan. Hy was ook lid van die 2015 Wêreldbeker Springbokspan. Op 2 Junie 2018 het hy die 60ste Springbokkaptein geword. Hy was ook lid van die 2019 Springbokspan wat die Wêrelbeker verower het. Du Toit het daarna ook die 15’s Speler van die Jaar 2019 toekenning ontvang.
Become a Sponsor









