Hoërskool Punt, Mosselbaai, stel hul onderwysers aan ons lesers bekend: Mnr Q D’Elboux
Geboortedorp: Vanderbijlpark
Gematrikuleer by: Hoërskool Punt (Matriek 2006)
Verdere studies by: Universiteit van Stellenbosch BA Sosiale dinamika (Geografie en Sielkunde); HonsBA (Geografiese Inligtingstelsels); NOS
Vorige skole waar ek onderwys gegee het: “PW Botha Kollege (HTS Eden)
Vakke wat ek tans aanbied:
Geografie (Graad 8-12)
Sport/Kultuur/Akademiese prestasies op skool of daarna:
Skool: Hoërskool Punt eerste span 2005-2006 en o19 SWD Rugby
Universiteit: o19 en o20 Maties Rugby, Huis Marais Manskoshuis Eerste en Tweede span en Huis Marais Manskoshuis (Tafeltennis, Krieket, Hokkie, Massakoor)”
Stokperdjies:
“Reis – internasionaal sowel as in ons pragtige land – ek hou van toer en die langpad!
Braai en tyd saam met die familie en vriende.
Hou baie van kosmaak en nuwe resepte uittoets.
Lees graag die nuus/koerante.”
Iets interessant omtrent myself:
“Ek het al die vooreg gehad om 7 ander lande te besoek behalwe Suid-Afrika.
My tweede naam is Donovan.
Ek hou baie van braai en kosmaak, maar nie van soetgoed nie!
My boodskap aan Punt: “Ek is baie lief vir Mosselbaai en dit is een van die pragtigste dorpe in die wêreld – waardeer dit! Familie is baie kosbaar, spandeer so veel moontlik tyd saam! Moet nooit ophou probeer nie, daar is ALTYD ‘n manier om iets te doen!
“Keep on keeping on and do not quit!”