Vraag: Hoe sien jy die invloed van die Covid19 virus op ons land?
Alhoewel die ekonomie sonder twyfel daaronder sal ly, kyk ek verby dit en let ek ‘n baie groter verandering op. Vandat die nasionale inperking op 26 Maart afgeskop het, het dit ons as landsburgers van Suid-Afrika gedwing om saam te staan en die realiteit van COVID 19 en die gevolge wat dit inhou in die gesig te staar. Nie net betoon ons simpatie en verdraagsaamheid vir mekaar nie, maar ervaar ons almal dieselfde uitdaging wat die pandemie aanbetref tenspyte van jou ekonomiese status, ras of geslag (enige een is vatbaar vir die virus). Ja dis n baie moeilike finansiële tyd nou, maar sien die ironie van die pandemie raak. Tydens hierdie tyd van “social distancing” is ons letterlik dalk verder van mekaar maar figuurlik , soveel nader .
Vraag: Dink jy die dat die virus ‘n invloed op toekomstige onderwys gaan hê? Gaan skole anders kyk na onderwys?
Ja, ek dink defnitief dat die virus ‘n invloed op toekomstige onderwys sal hê . Baie nuwe metodes van onderrig is deur hierdie tydperk getoets en so suksesvol dat onderwysers nie net daarvan af sal weg beweeg nie . Ek dink dat die onderrig metodes soos tyd verby gaan in elkgeval sou moderniseer , COVID 19 het net die verandering ‘n hupstootjie gegee.
Vraag: Hoe beplan jy om steeds jou doelwit vir jou laaste jaar op skool te bereik?
Enige doelwit het maar sy uitdagings om dit te laat realiseer, maar die onderskeid tussen suksesvolle en onsuksesvolle mense word getref by die bereidwilligheid om weer terug te baklei na onvoorsiene uitdagings ‘n verskyning gemaak het . Ek beplan om deur hierdie tyd my oog te hou op my doelwit en gevestig te bly in my geloof deur daagliks myself te herinner waar my krag vandaan kom en dat niks onmoontlik is met God aan ons kant nie. Hy is ons geheime wapen wat enige oorlog kan verslaan.
Vraag: Wat beplan jy vir jou toekoms? Loopbaan
Ek beplan om Bsc Lewenswetenskappe en sielkunde by Stellenbosch of Bsc Fisiologie en Sielkunde by Potchefstroom Universiteit te gaan studeer en in my vierde jaar dan my PGCE (Post-Graduate Certificate of Education) te doen sodat ek skool kan gee met die kennis wat ek deur die Bsc graad verwerf het.