Hoërskool Punt, Mosselbaai, stel hul onderwysers aan ons lesers bekend: Me A Hefer
Geboortedorp: Bloemfontein
Matrikuleer by: Hoërskool Sentraal Bloemfontein 1982
Verdere studies by: Universiteit van die Vrystaat (Kovsies)
Vorige skole waar ek onderwys gegee het:
Het in 1986 my onderwysloopbaan begin by Hoërskool Sentraal in Bloemfontein en het 30j vir die Tralies skoolgehou totdat ek besluit het om die skuif te maak Mosselbaai toe.
Vakke wat ek tans aanbied: RTT/CAT
Sport/Kultuur/Akademiese prestasies op skool en daarna:
Het op skool netbal en tennis gespeel, koor gesing en was hoofdogter. Ek het hard geleer en was mal oor Rekeningkunde!
Stokperdjies: Speel sudoku, luister ure na musiek en loop graag met my twee huskies langs die see.
Iets interessant omtrent myself: Ek is ‘n enigste kind en al vir 30 jaar ‘n vegetariër.
My boodskap aan Punt: Be kind and care for one another ……. for everyone you meet is fighting a battle you know nothing about.