Hoërskool Punt, Mosselbaai, stel hul onderwysers aan ons lesers bekend: Me A Cilliers
Geboortedorp: Loeriesfontein
Matrikuleer by: Hoërskool Langenhoven, Riversdal
Verdere studies by: Univ. Stellenbosch
Vorige skole waar ek onderwys gegee het:
Hoërskool Jansenville, Oos-Kaap
Vakke wat ek tans aanbied: Afrikaans
Kultuur/sport/akademiese prestasies op skool en daarna:
Ek het alles op skool gedoen: tennis, netbal, atletiek ( ek kon nogal vinnig hardloop en kultuur. Die koorjuf. ( tannie Bettie) het net gesê sy dink nie ek moet sing nie.
Prefek.
Op universiteit was ek nogal bedrywig op my koshuis (Huis ten Bosch) se HK.
Stokperdjies: Ek kry nie nou veel tyd vir stokperdjies nie, maar ek lees baie, hou van stap en ek wil weer begin naaldwerk doen.
Iets interessant omtrent myself: Die kinders ken my soos ‘n boek: hul weet ek is ‘n suikerverslaafde en kan my met tjoklits omkoop.
Ek is glad nie ‘n oggendmens nie en begin funksioneer eers teen tienuur in die oggend.
My boodskap aan PUnt: Ek besef elke dag net meer hoe bevoorreg ons as onderwysers en kinders is om by Punt te kan skoolhou. Ons het mekaar almal nodig en moet na mekaar kyk.