Hoërskool Punt, Mosselbaai, stel hul onderwysers aan ons lesers bekend:
Geboortedorp: Pretoria
Skool gematrikuleer: FH Odendal (baie lank terug) 1984
Verdere studies by: Universiteit van Pretoria
Vorige skole waar ek onderwys gegee het:
By FH Odendal slegs vir 4 maande, daarna kry ek ‘n pos by Merensky in Limpopo. Was daar vir 27 jaar.
Vakke wat ek tans aanbied: RTT Gr10 – 12, LO Gr9, 11 en 12
Sport/Kultuur/Akademiese prestasie op skool en daarna: Het hokkie gespeel op skool.
Stokperdjies: Teken, verf, lees, stap in die natuur, snorkel (nie in rowwe see nie),
Hou daarvan om met tegnololgie te werk.
Iets interessant omtrent myself: Ek het ‘n worshond. Sy naam is Worsie. Hy is 16 jaar oud. Hy is al lankal oulik!
My boodskap aan Punt: Gebruik elke geleentheid en maak die beste van dit wat jy het.