)

Hoërskool Langenhoven Voortrekkers slaag Presidentsverkenner-eksamen

Bo vlnr: Miquel D’Emiljo, Suria Denkema en Magdel Barnard. Middel vlnr: Bianca Lombaard, Esmé de Wet en Jeané Keyser. Onder vlnr: Chané Fourie, Suné Barnard en Janke Heenop.

Nege leerders van Hoërskool Langenhoven, Riversdal, het op Maandag, 20 April, hul Presidentsverkenner-eksamen aanlyn geskryf, en geslaag.

Om ‘n Presidentsverkenner te word is die hoogste toekenning wat ‘n junior Voortrekker-lid kan behaal. Dit is ‘n prestige toekenning wat deur Die Voortrekkers en Universiteite erkenning geniet as ‘n nasionale toekenning in kulturele leierskap. Verskeie Dasse het al hierdie gesogte toekenning in die verlede losgeslaan en span die kroon oor baie jare se volharding en toewyding.

Hulle het reeds die afgelope vier jaar baie hard gewerk om daarvoor te kwalifiseer. Ure se voorbereiding, lesings, kampe, spesialisasie-kursusse, vaardighede, baie teoretiese werk en take, is afgelê.

Die Presidentsverkennerkamp wat later vanjaar in Gauteng plaasvind, is die hoogtepunt en laaste hekkie om die gesogte Presidentsverkenner-toekenning, te kan ontvang.

Op die foto verskyn bo, van links: Miquel D’Emiljo, Suria Denkema en Magdel Barnard. Middel, van links: Bianca Lombaard, Esmé de Wet en Jeané Keyser. Onder, van links: Chané Fourie, Suné Barnard en Janke Heenop.

Hoërskool Langenhoven is baie trots op hierdie Dassies!

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal