Bo vlnr: Miquel D’Emiljo, Suria Denkema en Magdel Barnard. Middel vlnr: Bianca Lombaard, Esmé de Wet en Jeané Keyser. Onder vlnr: Chané Fourie, Suné Barnard en Janke Heenop.
Nege leerders van Hoërskool Langenhoven, Riversdal, het op Maandag, 20 April, hul Presidentsverkenner-eksamen aanlyn geskryf, en geslaag.
Om ‘n Presidentsverkenner te word is die hoogste toekenning wat ‘n junior Voortrekker-lid kan behaal. Dit is ‘n prestige toekenning wat deur Die Voortrekkers en Universiteite erkenning geniet as ‘n nasionale toekenning in kulturele leierskap. Verskeie Dasse het al hierdie gesogte toekenning in die verlede losgeslaan en span die kroon oor baie jare se volharding en toewyding.
Hulle het reeds die afgelope vier jaar baie hard gewerk om daarvoor te kwalifiseer. Ure se voorbereiding, lesings, kampe, spesialisasie-kursusse, vaardighede, baie teoretiese werk en take, is afgelê.
Die Presidentsverkennerkamp wat later vanjaar in Gauteng plaasvind, is die hoogtepunt en laaste hekkie om die gesogte Presidentsverkenner-toekenning, te kan ontvang.
Op die foto verskyn bo, van links: Miquel D’Emiljo, Suria Denkema en Magdel Barnard. Middel, van links: Bianca Lombaard, Esmé de Wet en Jeané Keyser. Onder, van links: Chané Fourie, Suné Barnard en Janke Heenop.
Hoërskool Langenhoven is baie trots op hierdie Dassies!