Agter vlnr: Lyle-Clint Fielies, Lourens van Vuuren, Dandré Diedericks en Nelani Nel
Voor vlnr: Beyon Prins, Marie Saayman en Gilermo Lamini
Sewe leerders van Hoërskool Langenhoven, Riversdal, het Saterdag, 22 Februarie, te Oudtshoorn, aan die Eden Hoërskole Atletiekkampioenskappe deelgeneem.
Die atlete het uitstekend presteer:
Beyon Prins verwerf ‘n eerste plek in die 1500m en die 800m
Gilermo Lamini behaal ‘n tweede plek in die 1500m
Marie Saayman behaal ‘n eerste plek in die 5000m stap
Nelani Nel verwerf eerste plekke in diskus en hamergooi en ‘n tweede plek in gewigstoot
Lourens van Vuuren behaal ‘n tweede plek in hamergooi
Dandré Diedericks behaal ‘n vierde plek in hoogpspring.
Hierdie Dassies kwalifiseer om die Eden Hoërskole Atletiek te verteenwoordig by die Wes-Kaap Kampioenskappe.