Die o.15 krieketspan van Hoërskool Oudtshoorn het Woensdag, 26 Februarie, ‘n wedstryd teen Hoërskool Outeniqua van George se o.15B-krieketspan gespeel.
Outeniqua het eerste gekolf en is uitgeboul vir 65 lopies. Daarna het die Struisies 66/3 aangeteken wen dus met 7 paaltjies!
Baie geluk, manne!