Voor vlnr: Eben Botes, Nina Esterhuyse, Anése Groenewald, Carla de Jongh, Clint Williams en Zoë Gillespie
Middel vlnr: Lynette Wolff (onderwyseres), Anne Swart, Marlé Hubinger, Kaitlin Fineburg en Juliana Kotzé (onderwyseres)
Agter vlnr: Aneldi Morkel, Christopher Smit en Rikus Heyns
Dit is vanjaar reeds die negentiende jaar wat Hoërskool Strand deel is van hierdie kulturele uitreik met Burgerschool in Roeselare, België. Dit bied aan twaalf graad 10 leerders die geleentheid om hulle horisonne te verbreed en om vriendskappe oor kontinente te bou. Die twee leerkragte wat hul sal vergesel is me. Lynette Wolff en me. Juliana Kotzé.
Die groep vertrek 12 September en keer weer terug na Suid-Afrika op 4 Oktober.
Die groep gaan hul toer afskop met vier nagte in Londen. Vandaar vertrek die groep na België waar die Belge hul met ‘n ongelooflike program inwag. Die groep gaan Antwerpen, Brussels, Brugge, Ghent, Ieper en nog baie ander toeristebesienswaardighede in België besoek. Hulle is ook gelukkig om Parys, Frankryk, te besoek waar hulle die stad en Euro-Disney gaan beleef.
Die groep gaan ook die skool besoek en ‘n stukkie van Suid-Afrika met hul deel. Wat die program so uniek maak, is dat die leerders in die Belge se huise tuisgaan en daar leef, eet en ervaar wat Belge as alledaags sien.
Die Arende sien uit na ‘n opwindende reis!