)

Hoërskool Jan van Riebeck spog met nuwe musiekskool

James Burchell, mnr Geruan Geldenhuys en Graham Lowneds.

Dit is met groot opwinding dat Hoërskool Jan van Riebeeck kan aankondig dat ons hierdie jaar met ‘n splinternuwe buitemuurse musiekskool begin! Die langtermyndoelwit is om ‘n simfonieseorkes by die skool te skep wat ‘n gevestigde kulturele entiteit van die skool kan word. Voorts wil ons ook die musiekdepartement in ‘n formele musiekinstansie omskep. Hierdie musiekskool sal die geleentheid bied vir enige Jan van Riebeeck-leerder om musiekinstrumentonderrig in verskeie orkes- en kontempôrere instrumente te kry, of hulle musiek as vak neem al dan nie.Die musiekskool sal ook toegang gee tot enige ander leerder buite Jan van Riebeeck wat belangstel in musiekonderrig wat hulle nie by ander instansies kry nie.

Die instrumente wat reeds aangekoop is, is dwarsfluite, klarinette, trompette, trombone, viole, tjello’s en saksofone. Klasse vir dié instrumente sal aangebied word saam met die huidige instrumente, naamlik tromme/slagwerk, klavier, sang, kitaar en baskitaar.

Nog ‘n opwindende aanwins tot die musiekdepartement is die aankoop van ‘n stel Afrika Marimbas. Die doel hiermee is om dit te betrek by die musiekkomponent van Skeppende Kunste vir graad 8 en graad 9 en om Marimba “bands” te skep in graadverband. Die groepe sal weekliks bymekaarkom en ook by verskeie skoolbyeenkomste optree.

Jan van Riebeeck en die musiekdepartement wil baie dankie sê aan mnr Christoff Pauw (voormalige BL-voorsitter en oudouer) en mnr Albert Geldenhuys (alumni en oudouer) vir hulle bydrae en ondersteuning tot hierdie opwindende nuwe inisiatief. Ons bedank ook graag TOMS Music Kaapstad vir die verskaf van die instrumente, in besonder vir James Burchell en Graham Lowneds wat die agente en skakelpersone is. Jan van Riebeeck sien uit na ‘n lang en suksesvolle vennootskap tussen TOMS en Jan van Riebeeck.

Alle belangstellendes moet asseblief vir mnr Geruan Geldenhuys e-pos by geruan.geldenhuys@janvanriebeeck.co.za. Hy sal meer inligting verskaf oor klasgelde en huur van instrumente.

Mnr Geruan Geldenhuys, Braam van der Vyver en mnr André Franken (skoolhoof)
Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal