Hoërskool Florida skuts neem deel aan SAARA se Oos-Kaap ope
Caitlin Oelofse (links) en Nadine Nel het op 23 en 24 Maart 2018 aan SAARA se Oos-Kaap ope, wat plaasgevind het by FSK (Florida Skietklub) deelgeneem. Caitlin verower twee brons medaljes in die dames o/20-presisieklas en Nadine twee goue medaljes in die dames o/16-presisieklas! Baie geluk aan hierdie twee skuts van Florries!