Ruan Delport ‘n leerder van Hoërskool Florida in Roodepoort het die Wesrand Judo Assosiasie verteenwoordig gedurende die vakansie tydens die SA Judo-kampioenskappe in Port Elizabeth. Ruan verower ‘n silwermedalje vir sy kata en ‘n goue medalje vir die spangeveg. Baie geluk, Ruan!