Die Hoërskool DF Malan se toneelgroep het uitstekend gevaar tydens hul eerste deelname aan die ATKV se tienertoneelspelkompetisie!
DF ontvang die volgende toekennings:
Silwer vir die volgende kategorieë: Produksie, Klankbaan en Beligtingsontwerp en vir die Algemene hantering van tegniese aspekte, deur Kobus van Heerden; asook vir die teks deur Marisa van der Merwe en Lise Steyn.
Goud word verower vir Regie, behartig deur drama-onderwysers, Lise Steyn, bygestaan deur Lurina Etsebeth. Elke speler ontvang ook goud vir hul spel en ensemblewerk!
Baie dankie ook aan meneer De Wet vir die logistieke bestuur, asook vervoer en oprigl van die stel.
Ons is baie trots op hierdie span!
Foto:
Agter van links: Carla Vivian, Helgard Rautenbach, me Lurina Etsebeth, me Lise Steyn, mnr Johann de Wet, Roald Furstenberg en Lisa Bassett.
Voor van links: Ila Alberts, Julia Roelofse, Magdel van der Schyff, Marga van der Linde en Frances Bruwer.
Afwesig: Anya Human, Ann-Chené Booys, Rène van Heerden en Tenique Oosthuizen.