Fotos: Carla Stander en Heinrich Crous
Op 31 Januarie het Hoërskool DF Malan, Kaapstad, aan ‘n vriendskaplike Driehoekbyeenkoms teen Paarl Gimnasium en HTS Drostdy in die Paarl deelgeneem. DF is deur 200 atlete verteenwoordig. Die doel van die byeenkoms was om DF se atletiekspan vir die MTBS te finaliseer en so ook ‘n spangees te kweek, terwyl hulle kompeteer teen ander top-atlete. DF het uitstekend presteer en hulle is baie opgewonde oor die MTBS-span van 2020, wat binnekort bekend gemaak word.
Baie geluk aan al DF Malan se atlete wat die skool met trots verteenwoordig het!