)

Hoërskool Punt Interhuis Atletiek-byeenkoms

Rooispan Dirigente : V.l.n.r: Lené van der Gryp, Nico Weber en Minonet Horn.

Foto deur:  Francois B Photography

Hoërskool Punt se jaarlikse Interhuis-atletiekbyeenkoms het op 30 Januarie by die Van Riebeeck stadion plaasgevind en dit was weereens ‘n groot sukses. Spanne kon vanjaar volgens hul span-kleur aantrek, en dit het bygedra tot die uitstekende spangees op die dag.  Die Rooi-, Blou- en Groenspan het hard teen mekaar gekompeteer op die baan, sowel as op die pawiljoen.

Die seisoen het op ‘n baie hoë noot begin en 23 rekords het gespat.

Die spanne het as volg geëeindig: 1ste Groenspan met 696 punte, 2de was die Rooispan met 676 punte en 3de die Blouspan met 528 Punte. Die Rooispan was die waardige wenners van die Geesbeker.

Die Senior Victor Ludorum was Girard September en die Junior was Eduan Hobbs. Die Senior Victrix Lodorum was Anika Snyders en die Junior was Nadia Badenhorst.

Die volgende atlete het rekords verbeter:

Dogters o/14:

Tamzyn. Groenewald (110m), Nadia Badenhorst (Hamergooi), Alexis Nell (1500m en 3000m).

Dogters o/15:

Lara Lubbe (300m Hekkies).

Dogters o/17:

Anika Beukes (Verspring en Driesprong), Anika Otto (Gewigstoot), Anika Snyders (Spiesgooi), Adeline Roos (Hamergooi) en Jandri Snyders (1500m en 3000m).

Seuns o/14:

MJ Fourie (200m), Deacon Cooper (Hamergooi), Henru Kuhn (300m Hekkies). Seuns o/15:

HJ Nell (1500m), Lee Wildemans (400m).

Seuns o/17: Herman Knoetze (800m en 1500m), Stefan Fourie (400m Hekkies), Jordan Jaars (Spiesgooi), Landre Cope (1500m), Girard September (Verspring).

Baie geluk aan elke atleet wat bygedra het tot die sukses van die Interhuis.  Baie sterkte met die res van die seisoen!

 

 

 

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal